Georgi Zjoekof

Georgi Zjoekof
Georgi Zjoekof
Georgi Zjoekof praat in Moskou, Sowjetunie, in 1941.

Minister van verdediging
Ampstermyn
9 Februarie 1955 – 26 Oktober 1957
Eerste minister Nikolai Boelganin
Voorafgegaan deur Nikolai Boelganin
Opgevolg deur Rodion Malinofski

Volle lid van die 20ste Politburo
Ampstermyn
29 Junie – 29 Oktober 1957

Kandidaatlid van die 20ste Politburo
Ampstermyn
27 Februarie 1956 – 29 Junie 1957

Persoonlike besonderhede
Gebore Гео́ргий Константи́нович Жу́ков
Georgi Konstantinowitsj Zjoekof
1 Desember 1896
Zjoekof, Russiese Ryk
Sterf 18 Junie 1974 (op 77)
Moskou, Russiese SFSR, Sowjetunie
Politieke party Kommunistiese Party van die Sowjetunie
Eggenoot/-note Aleksandra Dijewna Zjoekowa (1920–1953)
Galina Aleksandrowna Semjonowa (1965–1973)
Kind(ers) Era Zjoekowa (* 1928)
Margarita Zjoekowa (1929–2011)
Ella Zjoekowa (1937–2010)
Maria Zjoekowa (* 1957)
Religie Russies-Ortodokse Kerk
Handtekening

Militêre diens
Lojaliteit Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
Diens/Tak Keiserlike Russiese weermag
Rooi Leër
Jare in diens 1915–1957
Rang Maarskalk van die Sowjetunie
Eenheid Kiëfse Militêre Distrik
Hoof van algemene personeel
Reserwefront
Leningrad-front
Wesfront
1ste Wit-Russiese Front
Odessa Militêre Distrik
Oorloë/Veldslae Eerste Wêreldoorlog
Russiese Burgeroorlog
Sowjet-Japannese Grensoorlog (gevegte van Chalchin Gol)
Sowjet-besetting van Bessarabië en Noord-Boekowina
Groot Patriotiese Oorlog
Toekennings Held van die SowjetunieHeld van die SowjetunieHeld van die SowjetunieHeld van die Sowjetunie
Zjoekof tydens sy militêre diens in 1916

Georgi Konstantinowitsj Zjoekof (1 Desember 189518 Junie 1974) was 'n Russiese weermagoffisier. Hy het in 1915 as soldaat by die Russiese weermag aangesluit. Na die Russiese Rewolusie word hy stafhoof van die Rooi Leër en in 1941 visekommissaris van verdediging. Hy lei die suksesvolle verdediging van Moskou, Stalingrad en Leningrad tydens die Tweede Wêreldoorlog. Daarna voer hy in 1944 'n leër deur Pole aan tot by die grens van Tsjeggo-Slowakye. Tydens die laaste maande van die oorlog is hy in bevel van die leër wat Berlyn inval.

Hy was hoof van die Geallieerdes wat die oorgawe van Duitsland op 8 Mei 1945 ontvang het, waarna hy die hoof van die Russiese magte in Oos-Europa was. Daarna is hy tussen 1946 en 1953 deur Josef Stalin in minderwaardige poste in Odessa en die Oeral aangestel. Na Stalin se dood in 1953 het hy die onderminister van verdediging geword. Hy het sy pos in 1957 verloor na bewerings dat hy die militêre magte wou vrymaak van Kommunistiese beheer. Hy het toe uit die openbare oog verdwyn en is eers weer in 1965 gesien met die 20ste herdenking van die Geallieerde oorwinning in die Tweede Wêreldoorlog.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search